Gaan na inhoud

Taalwetenskappe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale. Wanneer geen studie van 'n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel (natuurlike) taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap.

Na gelang van die invalshoek van die navorser en uiteindelik die onderdeel van die linguistiek, word linguistiek wel tot verskillende takke van die wetenskap gereken, soos kognitiewe wetenskappe, sielkunde, en antropologie.

Taaluitinge

[wysig | wysig bron]

Taaluitinge is vir die taalkunde in die eerste plek gesproke uitinge, opgebou uit klanke, morfeme, woorde, sinne en tekste of diskoerse. Die klanke word bestudeer deur die fonetiek en die fonologie, die opbou van woorde deur die morfologie, en die groepering van woorde in sinne deur die sintaksis. Die betekenis van taaluitinge word bestudeer deur die semantiek, wat die spreker met die taaluitinge probeer te bewerkstellig, die doel wat hiermee nagestreef word, word bestudeer deur die pragmatiek.

Vakgebiede

[wysig | wysig bron]

Taalkundige dissiplines is onder andere:

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]