Gaan na inhoud

13P/Olbers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
13P/Olbers

'n Skets van 13P/Olbers op 14 Oktober 1887 deur William Robert Brooks.
Ontdekking
Ontdek deur: Heinrich Olbers
Ontdekkingsdatum: 6 Maart 1815
Alternatiewe name: 1815 E1; 1887 Q1;
1887 V; 1887f;
1956 A1; 1956 IV;
1956a
Wenteleienskappe A
Afelium: 32,56 AE
Perihelium: 1,175 AE
Halwe lengteas: 16,87 AE
Eksentrisiteit: 0,9303
Wentelperiode: 69,3 jaar
Baanhelling: 44,67°
Laaste perihelium: 19 Junie 1956[1]
Volgende perihelium (voorspel): 30 Junie 2024[2][1]

13P/Olbers of Olbers se Komeet is 'n komeet met 'n wentelperiode van 69  jaar. Dit pas die klassieke definisie van 'n Halleytipe komeet met 'n periode van tussen 20 en 200 jaar.[3] Die komeet is die vorige keer in 1956 gesien en is in Junie en Julie 2024 weer in die lug.

Die komeet op 1 Junie 2024.

Waarnemingsgeskiedenis

[wysig | wysig bron]

Ontdekking

[wysig | wysig bron]

Heinrich Wilhelm Matthias Olbers het die komeet op 6 Maart 1815 ontdek en dit as klein beskryf. Die komeet het op 26 April 1815 perihelium en 'n skynbare magnitude van sowat 5 bereik.[4] Dit was dofweg met die blote oog te sien.[5] Sy wentelbaan is op 31 Maart die eerste keer bereken deur Carl Friedrich Gauss as parabolies, en Friedrich Bessel het van waarnemings in Junie 'n wentelperiode van 73,9 jaar uitgewerk. Berekenings deur ander sterrekundiges vir dié tydperk het gewissel tussen 72 en 77 jaar.[4] Moderne berekenings dui op 'n wentelperiode van 74,9 jaar vir die 1815-epog.

Orbital period
at different epochs
[6]
Epog Wentel-
periode
(jaar)
1887 72,37
1956 69,54
2024 69,25
2094 70,72

In 1887 was daar onsuksesvolle soektogte na die komeet, totdat dit op 25 Augustus per ongeluk deur William Robert Brooks gevind is.[4] Hy het 'n helder kern en dowwe stert beskryf; dit het 'n paar dae lank helderder geword ná perihelium.[7] Eindelik het die komeet 'n skynbare magnitude van 9 bereik.[5] Op 28 Julie 1887 het dit 0,081 AE van Mars af verbybeweeg.[6]

Die komeet is op 4 Januarie 1956 weer deur Antonín Mrkos opgespoor, toe sy skynbare magnitude 16 was.[5] Die komeet het op 19 Junie 1956 perihelium en 'n skynbare magnitude van 6,5 bereik. Sy stert was sowat 'n graad lank.[4]

Op 24 Augustus 2023 is die komeet deur Alan Hale opgespoor. Dit het 'n skynbare magnitude van sowat 22 gehad.[6] Op 14 Januarie 2024 het dit 'n geraamde magnitude van 15,3 gehad. Dit het 'n gekondenseerde koma van sowat 0,9 boogminute breed en 'n dowwe stert van 'n boogminuut lank gehad. Teen 10 Maart 2024 het die komeet verhelder tot 'n magnitude van 11,4 en die koma was 4 boogminute breed.

Naaste aan Aarde
Datum Afstand (AE)
20 Julie 2024[8] 1,895
9 Januarie 2094[9] 0,676

Op 12 April het dit 'n magnitude van 9,2 gehad.[10] Dit het op 30 Junie 2024 perihelium bereik.

Nadat die komeet in 2024 gesien is, is die nuwe voorspelling van sy volgende perihelium 20 Maart 2094.[11]

Meteorreën

[wysig | wysig bron]

Daar is spekulasies dat 13P/Olbers 'n meteoorreën op Mars veroorsaak wat uit die rigting van die sterrebeeld Groot Hond kom.[12]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Seiichi Yoshida (31 Julie 2004). "13P/Olbers". Seiichi Yoshida's Comet Catalog. Besoek op 24 Februarie 2010.
  2. "Horizons Batch for 13P/Olbers (90000226) on 2024-Jun-30" (Perihelion occurs when rdot flips from negative to positive). JPL Horizons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2022. Besoek op 28 Augustus 2023. (JPL#11 Soln.date: 2023-Aug-28)
  3. "JPL Small-Body Database Browser: 13P/Olbers". Jet Propulsion Laboratory. Besoek op 26 Julie 2012.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 Kronk, Gary W. (2001–2005). "13P/Olbers". Besoek op 22 Februarie 2012. (Cometography-tuisblad)
  5. 5,0 5,1 5,2 Roemer, Elizabeth (1956). "Comet Notes". Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 68 (401): 171–172. Bibcode:1956PASP...68..171R. doi:10.1086/126910. ISSN 0004-6280. JSTOR 40673045.
  6. 6,0 6,1 6,2 "CBET 5289 : COMET 13P/OLBERS". Central Bureau for Astronomical Telegrams. 28 Augustus 2023. Besoek op 29 Augustus 2023.
  7. Brooks, W. R. (1 Januarie 1888). "The Olbers-Brooks Comet". The Observatory. 11: 90–91. Bibcode:1888Obs....11...90B. ISSN 0029-7704.
  8. "Closest Approach to Earth around 20 July 2024" (Closest Earth approach occurs when deldot flips from negative to positive). JPL Horizons. Besoek op 28 Augustus 2023.
  9. "Closest Approach to Earth around 9 January 2094" (Closest Earth approach occurs when deldot flips from negative to positive). JPL Horizons. Besoek op 28 Augustus 2023.
  10. Green, Daniel (29 April 2024). "COMET 13P/OLBERS". Central Bureau for Astronomical Telegrams. 5389.
  11. "Horizons Batch for 13P/Olbers (90000226) for March 2094" (Perihelion occurs when rdot flips from negative to positive). JPL Horizons. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2023. Besoek op 25 Junie 2024.
  12. "Meteor Showers And Their Parent Bodies". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2008. Besoek op 30 Desember 2006.

Skakels

[wysig | wysig bron]