Gaan na inhoud

Internet

Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
Internet.
Enkelvoud Meervoud
  Internet     —  
Samestelling van net (verkorting vir netwerk) met die voorvoegsel inter- (van die Latynse inter, “tussen”).
In•ter•net
(rekenaarwetenskap) 'n Wêreldwye netwerk van rekenaars met 'n gemeenskaplik gestandaardiseerde protokol (die TCP/IP-protokol).
Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die wêreldwye web te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is.

    Eienskappe

Internet word soms met 'n hoofletter geskryf om aan te toon dat dit dié Internet is, wat uit talle kleiner internette (met 'n kleinletter) saamgestel is. Talle publikasies skyf dit egter met 'n kleinletter, gewoonlik in nie-vakgerigte publikasies waar die onderskeid nie getref of verstaan word nie.
internet

    Vertalings

  Vertalings:    Internet
Nederlands: Internet(nl)
Engels: Internet(en)

Meer inligting

Sien Wikipedia vir meer inligting oor Internet.