Gaan na inhoud

SAMRO

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

SAMRO, die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO), is die agentskap wat die regte van almal (van die musikante tot die luisteraars) betrokke by die musiekbedryf beskerm.

SAMRO beskerm die intellektuele eiendom (die kopiereg) van die makers van die musiek deur lisensies aan die gebruikers daarvan te verkoop. Die organisasie vorder hierdie lisensiegeld, bekend as die tantième, in en versprei dit onder die makers (komponiste, musikante, sangers, uitgewers, ens.). Musiek mag nie in die openbaar uitgevoer word nie sonder die toestemming van hulle wat dit gemaak het nie. As elke gebruiker van musiek met elke vervaardiger daarvan moes onderhandel vir toestemming en die geldbedrag betaalbaar vir die reg, sou die taak omslagtig en baie duur wees. Om hierdie probleem te oorkom ryk SAMRO ‘n lisensie aan die gebruiker uit wat aan die verbruiker dan sekere omskrewe regte oor ‘n bepaalde musiekstuk vir ‘n bepaalde tyd toeken.

SAMRO het wedersydse ooreenkomste met ‘n paar honderd soortgelyke instellings wêreldwyd. SAMRO samel tantième in op buitelandse musiek wat in Suid-Afrika uitgevoer word en die ander organisasies samel tantième namens SAMRO in die buiteland in.

SAMRO is in Desember 1961 gestig[1] onder die voorsitterskap van Gideon Roos, ‘n voormalige hoof van die SAUK[2] met 40 komponiste en 13 uitgewers as lede. Vroeg in die 21ste eeu het die ledetal op 15 000 gestaan.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "CISAC: 50 Years of Protecting Intellectual Property Rights". Billboard. 6 November 1976. pp. C-44.
  2. Crook, Tim (2002). International Radio Journalism. Routledge. p. 62. ISBN 9780203423233.