Gaan na inhoud

Rio Xingu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rio Xingu
Sononder oor die Rio Xingu.
Sononder oor die Rio Xingu.
Sononder oor die Rio Xingu.

Die stroomgebied van die Rio Xingu.

Oorsprong Saamvloei van Rio Ronuro en Rio Culuene (Brasilië)
Monding naby Porto de Moz in die Amasonerivier, Pará, Brasilië
Stroomgebied Brasilië (Pará en Mato Grosso)
Lengte 1 640 km (1 019 myl)[1]
Mondinghoogte 275 m
Gemiddelde afloop 9 680 m³/s[2]
Stroomgebiedopp. 520 292 km²
NASA-Satellietbeeld van die Rio Xingu, soos stroomaf gesien
Inheemse Kalapalo-manne op 'n kanoe in die Rio Xingu

Die Rio Xingu (Portugees: [ɕĩˈɡu]) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 640 km, vloei deur die Brasiliaanse deelstate Mato Grosso en Pará.

Die Rio Xingu ontstaan deur die saamvloei van die Rio Ronuro en Rio Culuene in die deelstaat Mato Grosso en vloei aansluitend in sy grootste geheel deur die deelstate Mato Grosso en Pará. Die rivier vloei in noordoostelike rigting parallel tot die Rio Araguaia in die ooste deur die Amasone-bekken van Brasilië. Naby Porto de Moz in die deelstaat Pará mond die Rio Xingu in die Amasonerivier uit. Die rivier is die laaste groot sytak van die Amasonerivier, voordat dit net wes van Belém in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Voordat die Duitse dokter, antropoloog en ontdekkingsreisiger Karl von den Steinen in 1884 en 1887 die Rio Xingu verken het, was die rivier wel beken, maar nie sy verloop en die inheemse bevolking aan sy oewers nie.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Ziesler, R.; Ardizzone, G.D. (1979). "Amazon River System". The Inland waters of Latin America. Food and Agriculture Organization of the United Nations. ISBN 92-5-000780-9. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2013. Besoek op 7 Maart 2015.
  2. (pt) Agência Nacional de Águas (ANA) e Secretaria Nacional de Recursos Hídricos (Oorsig)
  3. (de) Karl von den Steinen: Durch Central-Brasilien. Expedition zur Erforschung des Schingú im Jahre 1884. Brockhaus, Leipzig 1886.