Karboksielsuur
![](https://cdn.statically.io/img/upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/2/26/%C3%81cido_ac%C3%A9tico.svg/220px-%C3%81cido_ac%C3%A9tico.svg.png)
'n Karboksielsuur is 'n organiese verbinding wat die karboksielfunksionele groep (COOH) bevat.
Die bekendste karboksielsure is asynsuur (etanoësuur; R=CH3-) en mieresuur (metanoësuur; R= H-). Mieresuur is ook die eenvoudigste karboksielsuur. Dit bevat mos net een koolstofatoom. Die proton van die -COOH-groep het suur eienskappe. Asyn is hoofsaaklik 'n oplossing van asynsuur in water, waarin 'n suur-basis-ewewig optree:
Die negatiewe lading op die asetaat-ioon is oor die drie atome van die O-C-O-groep gedelokaliseer en dit stabiliseer hierdie ioon en verlaag sy basisiteit.
Poliprotiese sure[wysig | wysig bron]
![](https://cdn.statically.io/img/upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/79/Kyselina_%C5%A1%C5%A5avelov%C3%A1.svg/220px-Kyselina_%C5%A1%C5%A5avelov%C3%A1.svg.png)
Dieselfde organiese molekuul kan meer as een karboksielsuurgroep bevat. Die eenvoudigste dikarboksielsuur is oksaalsuur.
Aminosure[wysig | wysig bron]
'n Belangrike groep sure bevat naas die karboksielgroep ook 'n aminogroep (—NH2). Hierdie stowwe word aminosure genoem.