FTP-bediener
Voorkoms
![](https://cdn.statically.io/img/upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/a/a0/FTP.png)
'n FTP-bediener is 'n rekenaarbediener wat lêers aan gebruikers kan aanbied (deur 'n aflaai-aksie) en/of aanvaar (oplaai- aksie) deur van die FTP-protokol gebruik te maak. FTP staan vir "File Transfer Protocol".
Gebruikers kan ook maklik lêers uitwis op die bediener deur enige FTP-kliënt van sy/haar keuse te gebruik. Soms beskerm FTP-bedieners van hulle lêers met gebruikersnaam/wagwoord-authentikasie. Indien nie, sal enige anonieme gebruiker ook lêers kan uitvee (delete).
Omdat FTP geen enkripsie bied nie, word gevoelige lêers gewoonlik nie op FTP-bedieners gestoor nie. Daar is egter 'n beter beveiligde soort FTP, genaamd SFTP, wat wel data kan enkripteer voor dit versend word. Die "S" hier staan vir Secure (of veilig).