Gaan na inhoud

Celsius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Termometer met die temperatuur in Fahrenheit op die buiterand en in Celsius daarbinne.

Grade Celsius (simbool: °C) is 'n SI-eenheid van temperatuur. Die vriespunt van water word as 0 °C gedefinieer en die kookpunt teen 100 °C.

Definisie

[wysig | wysig bron]

1°C = 274,15 K, en absolute nul is -273,15 °C

Oorsprong

[wysig | wysig bron]

Die eenheid is vernoem na die Sweedse sterrekundige, Anders Celsius (1701 - 1744) wat 'n soortgelyke stelsel vir die eerste keer in 1742 voorgestel het.

Omskakelings

[wysig | wysig bron]

Temperatuur omskakelings:

  • °F = °C × 1.8 + 32
  • °C = (°F – 32) / 1.8
  • K = °C + 273.15
  • °C = K – 273.15

Verduideliking

[wysig | wysig bron]

Die temperatuurskaal is uitgevind deur Anders Celsius en is oorspronklik ontwerp op so 'n wyse dat daar 100 grade/indelings tussen die vriespunt van water en die kookpunt van water by standaard atmosferiese druk was.

Die stelsel het onder verskeie name bekend gestaan tot en met 1948 toe die stelsel se naam amptelik verander is na Celsius deur die Algemene Konferensie oor Mates en Gewigte (CR 64). Terwyl die waardes vir die vries- en kookpunte van water ongeveer korrek bly, is besluit dat die oorspronklike definisie nie geskik was vir 'n formele standaard nie aangesien dit afhang van die definisie van standaard atmosferiese druk wat op sy beurt weer afhanklik is van die definisie van temperatuur. Die huidige amptelike definisie van Celsius stel 0.01 °C as die trippelpunt van water en 'n graad gelyk aan 1/273.16 van die verskil in temperatuur van die trippelpunt van water en absolute nul. Hierdie definisie is in 1954 aanvaar by die 10de algemene Konferensie oor Mates en Gewigte, wat presies dieselfde is as die definisie van die Kelvin.